Andronikos IV Palaiologos

Andronikos IV Palaiologos
Keiser van die Bisantynse Ryk

Bewind 12 Augustus 1376 - 1 Julie 1379
Voorganger Johannes V Palaiologos
Opvolger Johannes V Palaiologos
Gebore 11 April 1348
Konstantinopel
Oorlede 25 of 28 Junie 1385 (op 37)
Selimbria
Dinastie Palaiologos
Vrou Keratsa van Bulgarye
Vader Johannes V Palaiologos
Moeder Helena Kantakouzene

Andronikos IV Palaiologos (Grieks: Ἀνδρόνικος Δ' Παλαιολόγος; 11 April 1348 - 25/28 Junie 1385) was die oudste seun van keiser Johannes V Palaiologos. Hy is in 1352 as medekeiser aangestel, maar het ’n moeilike verhouding met sy pa gehad. Hy het in 1373 ’n mislukte rebellie op die been gebring, die troon in 1376-1379 oorgeneem en tot met sy dood in 1385 in ’n bitter stryd met sy pa gebly. Dié burgeroorlog het die Bisantynse Ryk se min hulpbronne verder uitgeput en daartoe bygedra dat die Ottomaanse Ryk die Balkan verower het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search